 | Frank Botha se daaglikse dosis http://www.daagliksedosis.co.za/blog/ [ Edit ] Site Reviews(0) ...Ek word op 13 Maart 1979 in Pretoria gebore en woon saam my ouers en bababroetie, Stefan, in ‘n woonstelblok in Souterstraat. My ma en pa skei toe ek 3-jaar-oud was. Ek begin my skoolloopbaan by Laerskool President Paul Kruger (vandag ‘n woonstelblok), maar voltooi standerd 5 (graad 7) by Laerskool Mooifontein in Kempton Park. My aanlegtoetse wys dat ek uitstekend op ‘n akademiese-vlak sou presteer, maar my stiefpa stuur my na Hoërskool Rhodesfield, ‘n tegniese hoërskool oorkant Jan Smuts/Johannesburg Internasionaal /O.R. Tambo Internasionaal. Ek protesteer soveel dat, tydens die tweede kwartaal van my standerd 7 skoolloopbaan, my ouers my oorplaas na Hoërskool Jeugland, ook in Kempton Park. Ek matrikuleer in 1998 en maak die skoolhoof, beheerliggaam en al die onderwysers se dag. Begin die volgende jaar by Radio Rippel in Pretoria as omroeper uit te saai, my eerste post-matriek job. Daar ontmoet ek vir Pieter Koen, sanger/TV-aanbieder, ‘n fenomenale mens met die energievlak van 5 Energizer Bunnies. Later sou ek by Jacaranda 94.2FM as omroeper aansluit. Derich Gardner, ‘n persoonlike vriend (vandag by RSG), Anton Schmidt, legendariese omroeper/stemkunstenaar, Maurice Carpede en ek was almal op dieselfde tyd by Jacaranda betrokke. Ek werk sedert 1995 as DJ en my CV sluit ook goed soos stemwerk vir TV- en radioadvertensies, asook tientalle ... Added: Oct 8, 2007 Last Update: Oct 8, 2007 Category: Blogs Hits In: 0 Hits Out: 202 |
|
|